Wanneer u aansoek doen vir skuldberading is een van die dinge wat bespreek sal word die verlaagde paaiement en die impak daarvan op u begroting.
Waar kom die inligting vandaan?
Die verlaagde premie word bereken op grond van die skuldeisers se refleksie op u kredietverslag; oortrokke fasiliteite verskyn gewoonlik nie op ‘n kredietverslag nie. Daarom is dit uiters belangrik om u kredietverslag na te gaan en seker te maak dat die kredietverskaffers wat nie op die verslag verskyn nie, aan die skuldberader vermeld word.
Hoe word die paaiemente bereken?
Volgens die NCR – riglyne moet ‘n sekere persentasie van huishoudelike inkomste beskikbaar gestel word vir die terugbetaling van skuld:
Na belastinginkomste | Minimum persentasie van huishoudelike inkomste wat beskikbaar gestel moet word vir die terugbetaling van skuld |
R0 – R2000 | 23% – 45% |
R2001 – R5000 | 32% – 47% |
R5001 – R10 000 | 35% – 49% |
R10 001 – R20 000 | 37% – 51% |
R20 001 – R40 000 | 40% – 53% |
R40 001 – R60 000 | 45% – 55% |
R60 000 + | 45% – 58% |
Skuldterugbetaling onder skuldberading, moet uiteindelik ten doel hê om ‘n verbruiker binne 60 maande te rehabiliteer (dit sluit nie die huisverbande in nie), met ‘n billike terugbetalingsaanbod aan al die genoteerde kredietverskaffers.
‘n Skuldberader sal moet bewys dat die verbruiker uitermatig in skuld gedompel is in gevalle waar die termyn verleng moet word buite die 60 maande periode.
Die verlaagde paaiement op ‘n verbandlening is slegs 80% van die kontraktuele paaiement en vir ‘n voertuig is dit 70% van die kontraktuele paaiement. As u hierdie twee kredietooreenkomste het kan dit minstens ‘n uitwerking hê op die verlaagde premie en dit lyk in die meeste gevalle of dit nie ‘n verskil vir die verbruiker maak wanneer hy aansoek doen vir skuldberading nie.
Ander kredietooreenkomste kan onderhandel word vir ‘n terugbetalingstydperk van tussen 18 en 60 maande, afhangende van die uitstaande saldo.
Wat om te doen indien u kyk na die verminderde paaiement?
Dit kan oorweldigend wees om ‘n Vorm 16 (aansoekvorm) te ontvang en dit kan moeilik wees om die verminderde paaiemente te verstaan. Enige navrae wat ‘n verbruiker oor die verminderde paaiement het, moet met die skuldberader bespreek word. Sodoende verseker die skuldberader dat beide die krediteure ‘n billike terugbetaling ontvang en die verbruiker die laer paaiement kan bekostig.
Is jy op soek na advies of bystand? Debtgrip bied ‘n sakrekenaar vir skuldbeplanning. Klik hier!