Hoe om binne die grense van u finansiële vermoëns te leef:
As gevolg van die wêreldwye pandemie moes ons almal aanpas by nuwe omstandighede. Terwyl sekere uitgawes afgeneem het, het ander drasties gestyg.
Selfs verbruikers wat onder skuldhersiening is, moet hul begrotings en bestedingsgewoontes hersien om aan die vereistes vir hul paaiemente oor skuldhersiening te voldoen.
Ons deel ‘n paar wenke om in hierdie krisistye binne u finansiële vermoëns te oorleef. Deur hierdie blog-artikel te lees, het u die eerste stap geneem om u lewenstyl vir ‘n beter toekoms aan te pas.
In hierdie artikel fokus ons op wenke om geld te bespaar wat verband hou met voedsel en kruideniersware:
Glo in “generies”
Sommige winkels het items wat net so goed soos bekende handelsmerke kan wees, maar baie goedkoper. Dit kan ook medisyne insluit – generiese medisyne het steeds dieselfde effek en doel, maar kan uiteindelik sorg dat u geld spaar.
Belê in ‘n drukkoker
Belegging in ‘n drukkoker kan u op die lange duur tyd en geld bespaar. Met hierdie toestel kan u kos kook met min of geen voorbereiding nie, en dit is altyd ‘n vinnige maaltyd. Dit kan ouers ook help om tyd saam met hul kinders deur te bring of met huiswerk te help in plaas daarvan om hulself voor stoof af te sloof. Daar is ook soveel goedkoop resepte aanlyn, so dus is daar altyd ‘ n gesonde en maklike maaltydplan slegs deur die klik van ‘n knoppie.
Begin ‘n groente-/kruietuin

Dit is ‘n wen-wen aanbieding! U begin nie net met ‘n lekker nuwe stokperdjie nie, u kan ook bespaar deur u eie varsprodukte te gebruik.
Eet meer groente

Aangesien ons oor groente en groentetuine praat, kan meer groente fisies asook finansieel ‘n positiewe uitwerking hê. Vleis is besonders duur, en wanneer u hierdie uitgawe sny of dit met alternatiewe opsies vervang, kan dit u salaris verder strek.
Daar is altyd ‘n kreatiewe manier om bietjies bietjies geld te spaar; al wat u hoef te doen is om met ‘n gedagteverskuiwing te begin!